Die Krieketwêreldbeker 1983 (Engels: 1983 Cricket World Cup) is van 9 tot 25 Junie 1983 in Engeland en Wallis beslis. Dit was die derde krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) aangebied word en die derde in Engeland. Dié land het voorheen die toernooie van 1975 en 1979 gehuisves. Die Krieketwêreldbeker 1983 is deur die Britse finansiële en versekeringsmaatskappy Prudential plc geborg en staan dus amptelik bekend as die Prudentialbeker 1983.

duimnael|links|upright|Die Prudentialbeker vir die krieketwêreldbekertoernooie in 1975, 1979 en 1983 Agt nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1983 deelgeneem: Die destydse sewe toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Wes-Indië), saam met die IKK-trofee 1982-wenner Zimbabwe. Zimbabwe het vir die eerste keer vir ’n krieketwêreldbekertoernooi gekwalifiseer en daarmee vir sy eerste vername internasionale kriekettoernooi, terwyl al die ander spanne vir ’n derde keer verskyn het.

Tydens die Krieketwêreldbeker 1983 is 27 wedstryde gespeel, waaronder 24 tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span twee keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 60 boulbeurte per span bestaan en is in tradisionele wit klere en met rooi balle gespeel; almal is bedags gespeel en het dus vroegoggend begin.

Engeland, Indië, Pakistan en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Indië het Engeland geklop en Wes-Indië vir Pakistan, voordat Indië die eindstryd op Lord’s in Londen teen die verdedigende kampioen Wes-Indië met 43 lopies gewen en sodoende sy eerste titel ingepalm het. Suid-Afrika kon nie aan die krieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid.

Toewysing Volgens die IKK het slegs Engeland aan die nodige vereistes voldoen om die eerste drie krieketwêreldbekertoernooie van 1975, 1979 en 1983 te huisves, vervolgens is Engeland as gasheer vir dié toernooie aangewys. Indië het egter voorgestel dat hulle die derde Krieketwêreldbeker moet aanbied, maar die meeste IKK-lede het gemeen dat Engeland ’n meer geskikte plek was weens die langer dagligtydperk in Junie. Dit het beteken dat ’n wedstryd binne een dag voltooi kon word.

Deelnemers Die volgende agt spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1983 gekwalifiseer: Australië, Engeland (gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketkonferensie met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1983 gekwalifiseer. Zimbabwe was die enigste span sonder toetsstatus en het gekwalifiseer deur die IKK-trofee 1982 te wen, waarmee hulle vir die eerste keer aan ’n krieketwêreldbekertoernooi deelgeneem het.

duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam 24 spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroepGasheerDerde1979Naaswenner (1979)AVolle ledeDerde1979Naaswenner (1975)BDerde1979Groepfase (1975, 1979)BDerde1979Halfeindrondte (1975, 1979)ADerde1979Halfeindrondte (1979)ADerde1979Groepfase (1975, 1979)ADerde1979Kampioen (1975, 1979)BIKK-trofee 1982-wennerEerste—DebuutB

Stadions Engeland het 26 wedstryde op 14 verskeie plekke in 13 stede gehuisves, terwyl Wallis een wedstryd op een plek aangebied het.

Birmingham, Wes-Midlands Bristol, City of Bristol Chelmsford, Essex Derby, Derbyshire Edgbaston Bristol-krieketveld County-krieketveld County-krieketveld Kapasiteit: 21 000 Kapasiteit: 16 000 Kapasiteit: 6 500 Kapasiteit: 9 500 150px 150px 150px 150px Leeds, Wes-Yorkshire Leicester, Leicestershire Londen, Groter Londen Headingley Grace Road Lord’s Kapasiteit: 17 500 Kapasiteit: 12 000 Kapasiteit: 28 000 150px 150px 150px Londen, Groter Londen Manchester, Groter Manchester Nottingham, Nottinghamshire Royal Tunbridge Wells, Kent The Oval Old Trafford Trent Bridge Nevill Ground Kapasiteit: 23 500 Kapasiteit: 19 000 Kapasiteit: 15 350 Kapasiteit: 6 000 150px 150px 150px 150px Southampton, Hampshire Swansea, Wallis Taunton, Somerset Worcester, Worcestershire County-krieketveld St Helens County-krieketveld New Road Kapasiteit: 7 000 Kapasiteit: 4 500 Kapasiteit: 6 500 Kapasiteit: 4 500 150px 150px 150px

Formaat Die Krieketwêreldbeker 1983 is oor 17 dae tussen agt verskillende spanne oor 27 wedstryde beslis. Dit het op 9 Junie 1983 met vier gelyktydige wedstryde begin. Die toernooi het geëindig op Lord’s in Londen op 25 Junie met die eindstryd tussen Indië en Wes-Indië, waartydens Indië die Prudentialbeker ingepalm het.

Kalender Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1983 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.

+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieDo9Vr10Sa11So12Ma13Di14Wo15Do16Vr17Sa18So19Ma20Groep A | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 Groep B | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 1 | bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseJunieDi21Wo22Do23Vr24Sa25Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 2

| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring

Groepe Groep AGroep B

Groepfase Die Krieketwêreldbeker 1983 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het twee wedstryde teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span ses wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.

Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.

Skeidsregters ’n Paneel van elf skeidsregters is vir die toernooi gebruik.

Dickie Bird (Engeland) Jack Birkenshaw (Engeland) David Constant (Engeland) David Evans (Engeland) Mervyn Kitchen (Engeland) Barrie Leadbeater (Engeland) Barrie Meyer (Engeland) Don Oslear (Engeland) Ken Palmer (Engeland) David Shepherd (Engeland) Alan Whitehead (Engeland)

Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.

Groepfase Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.

Groep A Span6510+4.671206330+4.014126330+3.927126150+3.7524

Groep B Span6510+4.308206420+3.870166240+3.80886150+3.4924

Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op Lord’s in Londen ontmoet het.

Halfeindrondte

Eindstryd

Krieketwêreldkampioen 1983

Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1983.

duimnael|400px|Uitslag van die Krieketwêreldbeker 1983: RangSpanGroep Finaliste 1 B 8 6 0 2 1706 1702 +4 24 2 B 8 6 0 2 1756 1614 +142 24 In die halfeindrondte uitgeskakel 3 A 7 5 0 2 1671 1518 +153 20 4 A 7 3 0 4 1629 1620 +9 12 In die groepfase uitgeskakel 5 A 6 3 0 3 1332 1393 –61 +3.927 12 6 B 6 2 0 4 1371 1412 –41 +3.808 8 7 A 6 1 0 5 1324 1433 –109 +3.752 4 8 B 6 1 0 5 1257 1311 –54 +3.492 4

Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies aangeteken: Naam Lopies 1 David Gower 384 2 Viv Richards 367 3 Graeme Fowler 360 4 Zaheer Abbas 313 5 Kapil Dev 303 Meeste paaltjies geneem: Naam Paaltjies 1 Roger Binny 18 2 Ashantha de Mel 17 Madan Lal 4 Richard Hadlee 14 5 Vic Marks 13

Sien ook

Verwysings

Bronnelys

Eksterne skakels

India stun the world Prudential World Cup 1983 The Prudential World Cup 1983 Prudential World Cup 1983 – Fixtures and Results

Kategorie:Geskiedenis van Engeland Kategorie:Geskiedenis van Wallis Kategorie:Krieketkompetisies in Engeland Kategorie:Krieketkompetisies in Wallis 1983 Kategorie:Sport in 1983