Die Krieketwêreldbeker 1979 (Engels: 1979 Cricket World Cup) is van 9 tot 23 Junie 1979 in Engeland beslis. Dit was die tweede krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) aangebied word en die tweede in Engeland. Dié land het voorheen die eerste Krieketwêreldbeker 1975 gehuisves. Die Krieketwêreldbeker 1979 is deur die Britse finansiële en versekeringsmaatskappy Prudential plc geborg en staan dus amptelik bekend as die Prudentialbeker 1979.
duimnael|links|upright|Die Prudentialbeker vir die krieketwêreldbekertoernooie in 1975, 1979 en 1983 Die toernooi se formaat van 1975 het onveranderd gebly en agt nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1979 deelgeneem: Die destydse ses toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Wes-Indië), saam met die twee kwalifiserende spanne van die IKK-trofee 1979 Kanada en Sri Lanka. Kanada het vir die eerste keer vir ’n krieketwêreldbekertoernooi gekwalifiseer en daarmee vir sy eerste vername internasionale kriekettoernooi, terwyl al die ander spanne vir ’n tweede keer verskyn het.
Tydens die Krieketwêreldbeker 1979 is 15 wedstryde gespeel, waaronder twaalf tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 60 boulbeurte per span bestaan en is in tradisionele wit klere en met rooi balle gespeel; almal is bedags gespeel en het dus vroegoggend begin.
Engeland, Nieu-Seeland, Pakistan en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Nieu-Seeland geklop en Wes-Indië vir Pakistan, voordat die verdedigende kampioen Wes-Indië die eindstryd op Lord’s in Londen teen die gasheer Engeland met 92 lopies gewen en sodoende sy tweede titel ingepalm het. Suid-Afrika kon nie aan die krieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid.
Toewysing Volgens die IKK het slegs Engeland aan die nodige vereistes voldoen om die eerste drie krieketwêreldbekertoernooie van 1975, 1979 en 1983 te huisves, vervolgens is Engeland as gasheer vir dié toernooie aangewys.
Deelnemers Die volgende agt spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1979 gekwalifiseer: Australië, Engeland (gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketkonferensie met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1979 gekwalifiseer. Sri Lanka en Kanada was die enigste twee deelnemende spanne sonder toetsstatus en het gekwalifiseer deur die IKK-trofee-eindstryd 1979 te haal. Sri Lanka het sy toetsstatus in 1982 ontvang. Oos-Afrika, wat aan die eerste krieketwêreldbeker deelgeneem het, kon nie vir hierdie krieketwêreldbeker kwalifiseer nie, dus het – vir die enigste keer in die toernooigeskiedenis – geen Afrikaspan deelgeneem nie. Vir Kanada was dit die eerste deelname aan ’n internasionale kriekettoernooi.
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering; altesaam 23 spanne het deelgeneem. SpanKwalifiseringmetodeVerskynings by eindstrydeLaaste verskyningVorige beste prestasieGroepGasheerTweede1975Halfeindrondte (1975)AVolle ledeTweede1975Naaswenner (1975)ATweede1975Groepfase (1975)BTweede1975Halfeindrondte (1975)BTweede1975Groepfase (1975)ATweede1975Kampioen (1975)BIKK-trofee 1979-wennerTweede1975Groepfase (1975)BIKK-trofee 1979-naaswennerEerste—DebuutA
Stadions Die tweede krieketwêreldbeker is in Engeland se ses tradisionele toetskrieketstadions gespeel. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Krieketwêreldbeker 1979 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.
Londen, Groter Londen Londen, Groter Londen Lord’s The Oval Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 23 500 200px 200px Birmingham, Wes-Midlands Manchester, Groter Manchester Edgbaston Old Trafford Kapasiteit: 21 000 Kapasiteit: 19 000 200px 200px Nottingham, Nottinghamshire Leeds, Wes-Yorkshire Trent Bridge Headingley Kapasiteit: 15 350 Kapasiteit: 14 000 200px 200px
Formaat Die Krieketwêreldbeker 1979 is oor 15 dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 9 Junie 1979 met vier gelyktydige wedstryde begin. Die toernooi het geëindig op Lord’s in Londen op 23 Junie met die eindstryd tussen Wes-Indië en Engeland, waartydens Wes-Indië die Prudentialbeker ingepalm het. Dieselfde formaat is voorheen tydens die Krieketwêreldbeker 1975 gebruik.
Kalender Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1979 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieSa9So10Ma11Di12Wo13Do14Vr15Sa16So17Ma18Groep A | bgcolor=#c364f3| 2
|colspan="2" bgcolor=#c364f3| 2 | | bgcolor=#c364f3| 2 | | Groep B | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 1 | | bgcolor=#c364f3| 1UitklopfaseJunieDi19Wo20Do21Vr22Sa23Uitklopfase | | bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepe Groep AGroep B
Groepfase Die Krieketwêreldbeker 1979 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel met dieselfde formaat as wat in 1975 gebruik is; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Skeidsregters ’n Paneel van agt skeidsregters is vir die toernooi gebruik.
Dickie Bird (Engeland) Lloyd Budd (Engeland) David Constant (Engeland) David Evans (Engeland) John Langridge (Engeland) Barrie Meyer (Engeland) Ken Palmer (Engeland) Alan Whitehead (Engeland)
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A Span3300+3.07123210+3.6083120+3.1643030+1.600
Groep B Span3201+4.35103210+4.4383111+4.4563030+2.780
Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op Lord’s in Londen ontmoet het.
Halfeindrondte
Eindstryd
Krieketwêreldkampioen 1979
Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1979.
duimnael|400px|Uitslag van die Krieketwêreldbeker 1979: RangSpanGroep Finaliste 1 B 5 4 1 0 1017 846 +171 18 2 A 5 4 0 1 786 853 –67 16 In die halfeindrondte uitgeskakel 3 A 4 2 0 2 827 794 +33 10 4 B 4 2 0 2 797 836 –39 10 In die groepfase uitgeskakel 5 B 3 1 1 1 427 381 +46 +4.45 6 6 A 3 1 0 2 462 551 –89 +3.16 4 7 B 3 0 0 3 563 615 –52 +2.78 0 8 A 3 0 0 3 289 292 –3 +1.60 0
Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies aangeteken: Naam Lopies 1 Gordon Greenidge 253 2 Viv Richards 217 3 Graham Gooch 210 4 Glenn Turner 176 5 John Wright 166 Meeste paaltjies geneem: Naam Paaltjies 1 Mike Hendrick 10 2 Brian McKechnie 9 Asif Iqbal Chris Old 5 Michael Holding 8 Colin Croft Joel Garner
Sien ook
Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
England – The World Cup, 1979 Prudential World Cup 1979 The Prudential World Cup 1979 Prudential World Cup 1979 – Fixtures and Results
Kategorie:Geskiedenis van Engeland Kategorie:Krieketkompetisies in Engeland 1979 Kategorie:Sport in 1979