Die Krieketwêreldbeker 1975 (Engels: 1975 Cricket World Cup) is van 7 tot 21 Junie 1975 in Engeland beslis. Dit was die eerste krieketwêreldbekertoernooi van die vierjaarlikse krieketwêreldkampioenskap in internasionale eendagkrieket (EDI) wat deur die Internasionale Krieketkonferensie (IKK; nou Internasionale Krieketraad, IKR) aangebied word. Die Krieketwêreldbeker 1975 is deur die Britse finansiële en versekeringsmaatskappy Prudential plc geborg en staan dus amptelik bekend as die Prudentialbeker 1975.
duimnael|links|upright|Die Prudentialbeker vir die krieketwêreldbekertoernooie in 1975, 1979 en 1983 Agt nasionale krieketspanne het aan die Krieketwêreldbeker 1975 deelgeneem: Die destydse ses toetskrieketlande (Australië, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Wes-Indië), saam met die destyds voorste geassosieerde lid Sri Lanka en, vir die enigste keer, Oos-Afrika. Vir die Oos-Afrikaanse span is krieketspelers uit die lande Kenia, Tanzanië, Uganda en Zambië genooi. Suid-Afrika kon nie aan die krieketwêreldbeker deelneem nie as gevolg van ’n sportboikot teen dié land weens sy voortgesette apartheidsbeleid.
Tydens die Krieketwêreldbeker 1975 is 15 wedstryde gespeel, waaronder twaalf tydens die groepfase en drie in die uitklopfase, insluitende die eindstryd. Die spanne is in twee groepe van vier elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne in die groep gespeel het. Die twee beste spanne van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet. Elke wedstryd het uit 60 boulbeurte per span bestaan en is in tradisionele wit klere en met rooi balle gespeel; almal is bedags gespeel en het dus vroegoggend begin.
Die konsep van eendagkrieket was nog in die vroeë stadiums en tussen 1971 en 1975 is slegs 18 sulke wedstryde tussen die toetslande gespeel. Interessant genoeg is die eerste Vrouekrieketwêreldbeker twee jaar vroeër, in 1973, aangebied.
Engeland, Nieu-Seeland, Wes-Indië en Australië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer en dit was tot dusver die enigste krieketwêreldbeker, waartydens geen span van die Indiese subkontinent vir die uitklopfase gekwalifiseer het nie. Australië het Engeland geklop en Wes-Indië vir Nieu-Seeland, voordat Wes-Indië – die gunsteling vóór dié toernooi – Australië in die eindstryd op Lord’s in Londen met 17 lopies verslaan en sodoende die eerste krieketwêreldkampioen geword het.
Die openingswedstryd van die toernooi is gekenmerk deur een van die mees bisarre kolfpogings in die eendaggeskiedenis, dié van die Indiese Sunil Gavaskar. Nadat Engeland 334/4 aangeteken het, met Dennis Amiss wat 137 lopies gemoker het, het Gavaskar die volle 60 boulbeurte deurgekolf vir ’n skamele 36 lopies (nie uit nie), wat verskeie voorvalle van ongelukkige Indiese aanhangers tot gevolg gehad het.
Toewysing Volgens die IKK het slegs Engeland aan die nodige vereistes voldoen om die eerste drie krieketwêreldbekertoernooie van 1975, 1979 en 1983 te huisves, vervolgens is Engeland as gasheer vir dié toernooie aangewys.
Deelnemers Die volgende agt spanne het vir die Krieketwêreldbeker 1975 gekwalifiseer: Australië, Engeland (gasheer), Indië, Nieu-Seeland, Pakistan en Wes-Indië het as volle lede van die Internasionale Krieketkonferensie met toetskrieketstatus regstreeks vir die Krieketwêreldbeker 1975 gekwalifiseer. Sri Lanka en Oos-Afrika was die enigste twee deelnemende spanne sonder toetsstatus en hulle is uitgenooi om die oorblywende twee plekke te vul.
duimnael|400px|Uitslag van die kwalifisering: SpanKwalifiseringmetodeVorige beste prestasieRangGroepGasheerDebuut1AVolle ledeDebuut3BDebuut5ADebuut4ADebuut6BDebuut2BUitgenooiDebuut–ADebuut–B
Stadions Die eerste krieketwêreldbeker is in Engeland se ses tradisionele toetskrieketstadions gespeel. Altesaam 15 wedstryde is tydens die Krieketwêreldbeker 1975 gespeel, waaronder twee halfeindstryde en die eindstryd.
Londen, Groter Londen Londen, Groter Londen Lord’s The Oval Kapasiteit: 30 000 Kapasiteit: 23 500 200px 200px Birmingham, Wes-Midlands Manchester, Groter Manchester Edgbaston Old Trafford Kapasiteit: 21 000 Kapasiteit: 19 000 200px 200px Nottingham, Nottinghamshire Leeds, Wes-Yorkshire Trent Bridge Headingley Kapasiteit: 15 350 Kapasiteit: 14 000 200px 200px
Formaat Die Krieketwêreldbeker 1975 is oor 15 dae tussen agt verskillende spanne oor 15 wedstryde beslis. Dit het op 7 Junie 1975 met vier gelyktydige wedstryde begin. Die toernooi het geëindig op Lord’s in Londen op 21 Junie met die eindstryd tussen Wes-Indië en Australië, waartydens Wes-Indië die Prudentialbeker ingepalm het.
Kalender Die volgende tabel dui die Krieketwêreldbeker 1975 se daaglikse program aan. ’n Pers blokkie dui op wedstryde tydens die groepfase, ’n groen blokkie op wedstryde tydens die uitklopfase en ’n geel blokkie op die eindstryd.
+ Aantal daaglikse wedstryde tydens die toernooiGroepfaseJunieSa7So8Ma9Di10Wo11Do12Vr13Sa14Groep A | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2 Groep B | bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2
| bgcolor=#c364f3| 2UitklopfaseJunieSo15Ma16Di17Wo18Do19Vr20Sa21Uitklopfase
| bgcolor=#00cc33| 2
| bgcolor=#ffcc00| 1Verklaring
Groepe Groep AGroep B
Groepfase Die Krieketwêreldbeker 1975 is deur agt nasionale krieketspanne beslis. Daar is geen kwalifisering gehou om die deelnemende spanne te bepaal nie, die deelnemende spanne is egter deur die Internasionale Krieketkonferensie genooi. Vir die groepfase is die agt deelnemende spanne in twee groepe van vier elk verdeel; elke span het een wedstryd teen elk van die ander spanne in dieselfde groep gespeel, dus het elke span drie wedstryde in die groepfase gespeel. Vier punte is vir ’n oorwinning toegeken, twee vir ’n gelykop of onbesliste wedstryd en geen punte vir ’n nederlaag: spanne wat met dieselfde aantal punte geëindig het, is volgens lopietempo, dan boultempo en dan die uitslag van die direkte ontmoeting gerangskik. Die twee beste spanne van albei groepe het na die uitklopfase deurgedring.
Uitklopfase Van die begin van dié fase af het die toernooi ’n uitklopformaat aangeneem wat uit drie wedstryde bestaan het: twee halfeindstryde en die eindstryd. Die wenner en naaswenner van elk van die groepe het na die uitklopfase deurgedring. Die groepwenner van albei groepe het teen die naaswenner van die ander groep in die halfeindstryde gespeel. Elke wedstryd in die uitklopfase moes met ’n oorwinning vir een van die spanne eindig. As daar ná albei kolfbeurte ’n gelykopuitslag was, is die wedstryd die volgende dag herhaal.
Skeidsregters ’n Paneel van agt skeidsregters is vir die toernooi gebruik.
Bill Alley (Australië) Dickie Bird (Engeland) Lloyd Budd (Engeland) David Constant (Engeland) Arthur Fagg (Engeland) Arthur Jepson (Engeland) John Langridge (Engeland) Tom Spencer (Engeland)
Wedstryde Kwalifiseer vir die uitklopfase.Uit die toernooi geskakel. Die wedstryde is in twee fases opgedeel, naamlik die groep- en die uitklopfase.
Groepfase Agt spanne het aan die groepfase deelgeneem. Die twee beste spanne in elke groep het na die uitklopfase deurgedring.
Groep A Span3300+4.94123210+4.0783120+3.2443030+1.900
Groep B Span3300+4.35123210+4.4383120+4.4543030+2.780
Uitklopfase Die uitklopfase het bestaan uit twee halfeindstryde, waarvan die twee wenners mekaar in die eindstryd op Lord’s in Londen ontmoet het.
Halfeindrondte
Eindstryd
Krieketwêreldkampioen 1975
Statistiek Finale puntestand Hierdie tabel toon die finale puntestand van al agt deelnemende nasionale krieketspanne in die Krieketwêreldbeker 1975.
duimnael|400px|Uitslag van die Krieketwêreldbeker 1975: RangSpanGroep Finaliste 1 B 5 5 0 0 999 976 +23 20 2 B 5 3 0 2 1166 1060 +106 12 In die halfeindrondte uitgeskakel 3 A 4 3 0 1 983 506 +477 12 4 A 4 3 0 1 886 783 +103 12 In die groepfase uitgeskakel 5 B 3 1 0 2 801 682 +119 +4.45 4 6 A 3 1 0 2 485 687 –202 +3.24 4 7 B 3 0 0 3 500 745 –245 +2.78 0 8 A 3 0 0 3 342 722 –380 +1.90 0
Meeste lopies en paaltjies Meeste lopies aangeteken: Naam Lopies 1 Glenn Turner 333 2 Dennis Amiss 243 3 Majid Khan 209 4 Keith Fletcher 207 5 Alan Turner 201 Meeste paaltjies geneem: Naam Paaltjies 1 Gary Gilmour 11 2 Bernard Julien 10 Keith Boyce 4 Dayle Hadlee 8 Andy Roberts Dennis Lillee
Sien ook
Verwysings
Bronnelys
Eksterne skakels
England – The World Cup, 1975 Prudential World Cup 1975 The Prudential World Cup – 1975 Prudential World Cup 1975 – Fixtures and Results
Kategorie:Geskiedenis van Engeland Kategorie:Krieketkompetisies in Engeland 1975 Kategorie:Sport in 1975