Die 68ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 13-24 Mei 2015 gehou. Die Amerikaanse regisseurbroers Joel en Ethan Coen was die voorsitters van die jurie vir die hoofkompetisie Dit was die eerste keer dat daar twee voorsitters was. Die Franse akteur Lambert Wilson was die aanbieder van die opening- en die afsluitingseremonie. Altesaam 47 rolprente en kortfilms is vertoon. Die Franse rolprent Dheepan, met Jacques Audiard as regisseur, het die Palme d'Or gewen.

Die fees is geopen met Emmanuelle Bercot se Standing Tall en afgesluit met Ice and the Sky van Luc Jacquet. Albei flieks is gekies vir die krag en belangrikheid van hul boodskap – Standing Tall vir sy reaksie op die Charlie Hebdo-slagting en Ice and the Sky vir sy tema wat handel oor die toekoms van die aarde.

Die Franse regisseur Agnès Varda het die ere-Palme d'Or ontvang; sy is die eerste vrou wat die eer te beurt val.

Belangrikste fliekpryse

Rolprent Regisseur Land Prys Dheepan Jacques Audiard Frankryk Palme d'Or Son of Saul László Nemes Hongarye Grand Prix The Lobster Yorgos Lanthimos Griekeland, Frankryk, Ierland, Nederland, Brittanje Jurieprys Rams Grímur Hákonarson Ysland Un Certain Regard Share Pippa Bianco VSA Cinéfondation Land and Shade César Augusto Acevedo Colombia, Frankryk, Nederland, Chili, Brasilië Caméra d'Or Waves '98 Ely Dagher Libanon, Katar Kortfilm-Palme d'Or

Ander In Kompetisie-pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Hou Hsiao-hsien The Assassin Brittanje, VSA Beste draaiboek Michel Franco Chronic Mexiko, VSA Beste akteur Vincent Lindon The Measure of a Man Frankryk Beste aktrise Rooney Mara Emmanuelle Bercot Carol Mon Roi Brittanje, VSA Frankryk

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Cannes-rolprentfees