Die 67ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-25 Mei 2014 gehou. Die Nieu-Seelandse regisseur Jane Campion was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie. Die Franse akteur Lambert Wilson was die aanbieder van die opening- en die afsluitingseremonie. Altesaam 47 rolprente en kortfilms is vertoon.

Die Turkse rolprent Winter Sleep, met Nuri Bilge Ceylan as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Olivier Dahan se Grace of Monaco, met Nicole Kidman in die rol van Grace Kelly. Dit is buite kompetisie vertoon. Die afsluitingsfliek was die gerestoureerde 4K-weergawe van Sergio Leone se western van 1964, A Fistful of Dollars.

Belangrikste fliekpryse

Rolprent Regisseur Land Prys Winter Sleep Nuri Bilge Ceylan Turkye, Duitsland, Frankryk Palme d'Or The Wonders Alice Rohrwacher Italië, Switserland, Duitsland Grand Prix Mommy Goodbye to Language Xavier Dolan Jean-Luc Godard Kanada Frankryk, Switserland Jurieprys White God Kornél Mundruczó Hongarye, Duitsland, Swede Un Certain Regard Skunk Annie Silverstein VSA Cinéfondation Party Girl Marie Amachoukeli, Claire Burger, Samuel Theis Frankryk Caméra d'Or Leidi Simón Mesa Soto Colombia, Brittanje Kortfilm-Palme d'Or

Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Bennett Miller Foxcatcher VSA Beste draaiboek Andrey Zvyagintsev, Oleg Negin Leviathan Rusland Beste akteur Timothy Spall Mr. Turner Brittanje Beste aktrise Julianne Moore Maps to the Stars Kanada, VSA

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Cannes-rolprentfees