Die 65ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 16-27 Mei 2012 gehou. Die Italiaanse regisseur Nanni Moretti was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie. Die Franse aktrise Bérénice Bejo het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied. Altesaam 52 rolprente en kortfilms is vertoon.
Die Franse rolprent Blue Is the Warmest Colour het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Wes Anderson se Moonrise Kingdom en afgesluit met Thérèse Desqueyroux, die laaste fliek van wyle Claude Miller. Die amptelike plakkaat het ’n foto van Marilyn Monroe opgehad vir die 50ste herdenking van haar dood.
Belangrikste fliekpryse
Rolprent Regisseur Land Prys Amour Michael Haneke Frankryk, Duitsland, Oostenryk Palme d'Or Reality Matteo Garrone Italië, Frankryk Grand Prix The Angels' Share Ken Loach Brittanje, Frankryk, België, Italië Jurieprys After Lucia Michel Franco Mexiko Un Certain Regard The Road to Taisia Igumentseva Rusland Cinéfondation Beasts of the Southern Wild Benh Zeitlin VSA Caméra d'Or Silent L. Rezan Yesilbas Turkye Kortfilm-Palme d'Or
Ander In Kompetisie-pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Carlos Reygadas Post Tenebras Lux Mexiko, Frankryk, Duitsland, Nederland Beste draaiboek Cristian Mungiu Beyond the Hills Roemenië, Frankryk, België Beste akteur Mads Mikkelsen Jagten Denemarke, Swede Beste aktrise Cristina Flutur, Cosmina Stratan Beyond the Hills Roemenië, Frankryk, België
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees