duimnael|links|180px|Robert de Niro, voorsitter van die jurie, op die fees. Die 64ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 11-22 Mei 2011 gehou. Die Amerikaanse akteur Robert de Niro was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie. Die Franse aktrise, sangeres en regisseur Mélanie Laurent het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied. Altesaam 50 rolprente en kortfilms is vertoon.
Die Amerikaanse rolprent The Tree of Life, met Terrence Malick as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Woody Allen se Midnight in Paris en afgesluit met The Beloved van Christophe Honoré. Die openingsfliek van die Un Certain Regard-afdeling was Gus van Sant se Restless. Die Italiaanse regisseur Bernardo Bertolucci het ’n ere-Palme d'Or ontvang.
Belangrikste fliekpryse
Rolprent Regisseur Land Prys The Tree of Life Terrence Malick VSA Palme d'Or Once Upon a Time in Anatolia The Kid with a Bike Nuri Bilge Ceylan Jean-Pierre, Luc Dardenne Turkye België Grand Prix Polisse Maïwenn Frankryk Jurieprys Arirang Kim Ki-duk Suid-Korea Un Certain Regard The Letter Doroteya Droumeva Duitsland Cinéfondation Las Acacias Pablo Giorgelli Argentinië, Spanje Caméra d'Or Cross Maryna Vroda Frankryk, Oekraïne Kortfilm-Palme d'Or
Ander In Kompetisie-pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Nicolas Winding Refn Drive VSA Beste draaiboek Joseph Cedar Footnote Israel Beste akteur Jean Dujardin The Artist Frankryk Beste aktrise Kirsten DunstMelancholia Denemarke
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees