Die 62ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 13-24 Mei 2009 gehou. Die Franse aktrise Isabelle Huppert was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie. Die Franse akteur, regisseur en vervaardiger Édouard Baer het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied. Altesaam 48 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.

Die Oostenrykse rolprent The White Ribbon (Das weiße Band), met Michael Haneke as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Pete Docter en Bob Peterson se Up; dit was die eerste keer dat ’n animasieprent of ’n rolprent in 3D die openingsfliek is. Die fees is afgesluit met Coco Chanel & Igor Stravinsky van Jan Kounen.

Die Amerikaanse regisseur Clint Eastwood was die tweede ontvanger van ’n ere-Palme d'Or.

Belangrikste fliekpryse

Rolprent Regisseur Land Prys The White Ribbon (Das weiße Band) Michael Haneke Oostenryk Palme d'Or A Prophet (Un prophète) Jacques Audiard Frankryk Grand Prix Thirst (박쥐 Bakjwi) Fish Tank Park Chan-wook Andrea Arnold Suid-Korea Brittanje Jurieprys Dogtooth (Kynodontas) Yorgos Lanthimos Griekeland Un Certain Regard Bába Zuzana Kirchnerová Tsjeggië Cinéfondation Samson and Delilah Warwick Thornton Australië Caméra d'Or Arena João Salaviza Portugal Kortfilm-Palme d'Or

Ander In Kompetisie-pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Brillante Mendoza Butchered (Kinatay) Filippyne Beste draaiboek Lou Ye Spring Fever (春风沉醉的晚上 Chūn fēng chén zuì de wǎn shàng) China Beste akteur Christoph Waltz Inglourious Basterds VSA Beste aktrise Charlotte Gainsbourg Antichrist Denemarke

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Cannes-rolprentfees