Die 58ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 11-22 Mei 2005 gehou. Die Serwiese akteur en musikant Emir Kusturica was die voorsitter van die jurie. Die Belgiese aktrise Cécile de France het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied. Altesaam 53 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.

Die Belgiese rolprent L'Enfant, met die broers Luc en Jean-Pierre Dardenne as regisseurs, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Dominik Moll se Lemming en afgesluit met Chromophobia van Martha Fiennes.

Belangrikste fliekpryse

Rolprent Regisseur Land Prys L'Enfant Luc & Jean-Pierre Dardenne België Palme d'Or Broken Flowers Jim Jarmusch VSA Grand Prix Shanghai Dreams (Qinghong) Wang Xiaoshuai China Jurieprys The Death of Mr. Lăzărescu (Moartea domnului Lăzărescu) Cristi Puiu Roemenië Un Certain Regard The Forsaken Land (Sulanga Enu Pinisa - La Terre Abandonnée) Vimukthi Jayasundara Sri Lanka Caméra d'Or Wayfarers (Podorozjni) Ihor Strembitskyi Oekraïne Kortfilm-Palme d'Or

Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Michael Haneke Hidden (Caché) Frankryk Beste draaiboek Guillermo Arriaga The Three Burials of Melquiades Estrada VSA Beste akteur Tommy Lee Jones The Three Burials of Melquiades Estrada VSA Beste aktrise Hanna Laslo Free Zone Israel

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Cannes-rolprentfees