Die 55ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 15-26 Mei 2002 gehou. Die Amerikaanse regisseur David Lynch was die voorsitter van die jurie. Die Franse aktrise Virginie Ledoyen het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied. Altesaam 55 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.
Die Pools-Frans-Duits-Britse rolprent The Pianist, met Roman Polanski as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Woody Allen se Hollywood Ending en afgesluit met And Now... Ladies and Gentlemen van Claude Lelouch.
Belangrikste fliekpryse
Rolprent Regisseur Land Prys The Pianist Roman Polanski Pole, Frankryk, Duitsland, Brittanje Palme d'Or The Man Without a Past (Mies vailla menneisyyttä) Aki Kaurismäki Finland Grand Prix Divine Intervention (Yadon ilaheyya) Elia Suleiman Palestina Jurieprys After Rain (Eso Utan) Péter Mészáros Hongarye Kortfilm-Palme d'Or
Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Im Kwon-taek Paul Thomas Anderson Painted Fire (Chi-hwa-seon) Punch-Drunk Love Suid-Korea VSA Beste draaiboek Paul Laverty Sweet Sixteen Brittanje Beste akteur Olivier Gourmet The Son (Le Fils) België Beste aktrise Kati Outinen The Man Without a Past (Mies vailla menneisyyttä) Finland
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees