Die 51ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 13-24 Mei 1998 gehou. Die Amerikaanse regisseur Martin Scorsese was die voorsitter van die jurie en die Franse aktrise Isabelle Huppert het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied. Altesaam 63 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.
Die Griekse rolprent Mia aioniotita kai mia mera, met Theo Angelopoulos as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Mike Nichols se Primary Colors en afgesluit met Godzilla van Roland Emmerich.
Belangrikste fliekpryse
Prys Rolprent Regisseur Land Palme d'Or Mia aioniotita kai mia mera Theo Angelopoulos Griekeland Grand Prix Life Is Beautiful (La vita è bella) Roberto Benigni Italië Un Certain Regard Killer (Tueur à gages) Darezhan Omirbayev Kazachstan, Frankryk Caméra d'Or Slam Marc Levin VSA Jurieprys The Celebration (Festen) Class Trip (La classe de neige) Thomas Vinterberg Claude Miller Denemarke Frankryk Kortfilm-Palme d'Or L'interview Xavier Giannoli Frankryk
Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur John Boorman The General Brittanje Beste draaiboek Hal Hartley Henry Fool VSA Beste akteur Peter Mullan My Name Is Joe Brittanje Beste aktrise Élodie Bouchez, Natacha Régnier The Dreamlife of Angels (La vie rêvée des anges) Frankryk
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees