Die 49ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 9-20 Mei 1996 gehou. Die Amerikaanse regisseur en vervaardiger Francis Ford Coppola was die voorsitter van die jurie en die Franse aktrise en regisseur Sabine Azéma het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied. Altesaam 61 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.
Die Britse rolprent Secrets & Lies van die regisseur Mike Leigh het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Patrice Leconte se Ridicule en afgesluit met Flirting with Disaster van David O. Russell.
Belangrikste fliekpryse
Prys Rolprent Regisseur Land Palme d'Or Secrets & Lies Mike Leigh Brittanje Grand Prix Breaking the Waves Lars von Trier Denemarke Caméra d'Or Love Serenade Shirley Barrett Australië Jurieprys Crash David Cronenberg Kanada Kortfilm-Palme d'Or Wind (Szél) Marcell Iványi Hongarye
Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Joel Coen Fargo VSA Beste draaiboek Jacques Audiard, Alain Le Henry A Self Made Hero (Un héros très discret) Frankryk Beste akteur Daniel Auteuil, Pascal Duquenne The Eighth Day (Le huitième jour) België Beste aktrise Brenda Blethyn Secrets & Lies Brittanje
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees