Knoppiesstinkkruid (Oncosiphon suffruticosus) is inheems aan Namibië en die Wes- en Noord-Kaap van Suid-Afrika. Op die SANBI-rooilys is die spesie as 'veilig' (LC) gelys.
Dit is 'n eenjarige kruid met blare wat 'n prikkelende aromatiese reuk het. Die bloemhoof bestaan uit talle geel knoppies van ongeveer 5 mm deursnee. Dit word kniehoog en het veeragtige blare wat grysgroen van kleur is. Dit groei op kaal sandgrond, byvoorbeeld aan die rand van soutmoerasse. Dit is in Australië 'n indringerplant wat moeilik is om te beheer.
In Suid-Afrika is dit 'n onkruid wat erg met gewasse kan wedywer. Dit is vanweë die sterk reuk onsmaaklik vir die vee en beïnvloed die smaak van melk en vleis negatief indien dit gevreet word. Dit plant hom net met sy saadjies voort en versprei hom stadig omrede die saadjie geen verspreidingsaanpassings het nie.
Verwysings
suffruticosus Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika