Bloupolgrasook: gemsbokgras, kwaggagras, kwaggakweek; kalkgras (Eragrostis truncata Hack.) is inheems aan Namibië, Botswana en Suid-Afrika. Dit kom veral in die oostelike Nama-Karoo voor en is op die SANBI-rooilys as 'veilig' (LC) gelys.
Dit het 'n kort en vertakte wortelstok en dit is 'n meerjarige plant wat polle of matte vorm.CRC World Dictionary of Grasses: Common Names, Scientific Names, Eponyms, Synonyms, and Etymology, , CRC Press, 2006, , bls. 866
In die Gemsbokpark word dit dit op rivierterrasse langs die Nossob aangetref, saam met grasse soos Enneapogon desvauxii, Stipagrostis obtusa, Eragrostis echinochloidea, Sporobolus rangei en Schmidtia kalahariensis. Ook op panvloere kom dit voor.
Landbou Dit is 'n soetgras wat ook in die droë wintermaande smaaklik bly, wanneer die suurgrasse onsmaaklik en onvoedsaam raak.Chemical Studies of Infertile Soils Derived from Rocks High in Magnesium and Generally High in Chromium and Nickel, Issues 451-475 U.S. Department of Agriculture, 1935, bls. 81
Dit is smaaklik en taamlik geskik vir beweiding:
Fotogalery
Verwysings
Bronnelys Botanische Jahrbücher für Systematik, Pflanzengeschichte und Pflanzengeographie. Leipzig 11:405. 1889 USDA, ARS, Germplasm Resources Information Network. Eragrostis truncata in die Germplasm Resources Information Network (GRIN), U.S. Department of Agriculture Agricultural Research Service. Besoek: 07-Oct-06. Plants of the World Online
Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Suid-Afrika Kategorie:Grasse