Die Canon EF-S 60mm 2.8 Makro USM lens is Canon se enigste EF-S (APS-C sensorspesifieke) makrolens. In 2005 was dit die eerste EF-S primêre lens, en het die enigste EF-S primêre lens gebly tot die aankondiging van die EF-S 24mm 2.8 STM in September 2014.
Dit kan slegs gebruik word op kameras met 'n 1.6 x kropfaktor en is ekwivalent aan 'n 96mm lens gemonteer op 'n 35mm-formaat kamera. As sodanig is hierdie lens 'n goeie keuse vir portretfotografie.
Die voorste element draai nie, en dit steek ook nie uit wanneer daar gefokus word nie. Dit is veral nuttig wanneer met 'n polarisasiefilter of naby aan die onderwerp gewerk word.
Die sirkelvormige opening lewer resultate in 'n aangename sagte bokeh.
EF-S 60mm Makro USM 260pxSleuteleienskappe Toepassing PortretfotografieMakro BeeldstabiliseerderNee Ultrasoniese MotorJa Makro 1:1 makroTegniese data Lensopening 2.8 – 32 Konstruksie 8 groepe / 12 elemente Aantal diafragmalemme 7 Fokuslengte 60 mm Maksimumvergroting 1:1 Horisontale sighoek 20° 40' Vertikale sighoek 14° 10' Diagonale sighoek 25° 30'Fisiese data Massa 335 g / 0.74 lb Filterdiameter 52 mm Bybehore Lenskappie ET 67BKleinhandelinligting Vrygestel in 2005 ± VerkoopsprysVS$400
Voorbeelde van kiekies met die makrolens
Verwysings
Kategorie:Canon-lense