Avigdor Levi Lieberman,Ook geskryf as Liberman. Hebreeus: אביגדור ליברמן , (gebore 5 Julie 1958 in Chişinău) is 'n Israelse politikus wat aan die regs-nasionalistiese Yisrael Beiteinu-party behoort.
Lieberman is die oprigter en leier van Yisrael Beiteinu ('Israel Ons Huis'). Sedert 1999 is hy 'n lid van die Knesset. Hy het ook verskeie ministersposte beklee, in die kabinette Sharon I, Sharon II en Olmert en die van minister van Buitelandse Sake in die kabinette Netanyahu II en Netanyahu III. Van 2016 tot 2018 was hy minister van Verdediging in die Netanyahu IV-kabinet gewees. Sedert 2021 is hy minister van Finansies in die Bennett-Lapid-kabinet.
Agtergrond Afkomstig uit die Moldawiese Sosialistiese Sowjetrepubliek emigreer hy in 1978 na Israel.
Lieberman was 'n lid van die Likoed-party gewees en het vir Benjamin Netanyahu gewerk. In 1999 het hy Yisrael Beinteinu opgerig, 'n politieke party vir Joodse immigrante uit die voormalige Sowjetunie.
Hy is 'n voorstander van 'n streng beleid teen die Palestyne en woon op die Wesoewer.
Verwywsings
Eksterne skakels
Avigdor Lieberman, Knesset-webwerf
Kategorie:Israelse adjunk-premiers Kategorie:Israelse Jode Kategorie:Israelse ministers Kategorie:Lede van die Knesset Kategorie:Moldawiërs Kategorie:Ministers van Buitelandse Sake Kategorie:Ministers van Finansies Kategorie:Ministers van Verdediging Kategorie:Geboortes in 1958 Kategorie:Lewende mense