Die daalderplant (Tetraena stapfii (Schinz) Beier & Thulin) is endemies aan Namibië.

Dit groei in die Namib-ekostreek naby die Atlantiese kus. Die oggendmis is die belangrikste bron van vog vir hierdie plant. Dit is 'n struik wat ronde blare het soos 'n munt en dit verklaar sy naam. 'n Daalder is 'n ou Nederlandse munt wat anderhalf gulden waard was.

Fotogalery

Verwysings

Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Endemiese plante van Namibië