Die 50ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 7-18 Mei 1997 gehou. Die Franse aktrise en sangeres Isabelle Adjani was die voorsitter van die jurie en die Franse aktrise en regisseur Jeanne Moreau het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied. Altesaam 53 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.
Die Palme d'Or is gesamentlik toegeken aan Taste of Cherry (Ta'm e guilass) van die regisseur Abbas Kiarostami en The Eel (Unagi) van Shōhei Imamura. Die fees is geopen met Luc Besson se The Fifth Element en afgesluit met Absolute Power van Clint Eastwood.
Belangrikste fliekpryse
Prys Rolprent Regisseur Land Palme d'Or Taste of Cherry (Ta'm e guilass) The Eel (Unagi) Abbas Kiarostami Shōhei Imamura Iran Japan Grand Prix The Sweet Hereafter Atom Egoyan Kanada Caméra d'Or Moe no suzaku Naomi Kawase Japan Jurieprys Western Manuel Poirier Frankryk Kortfilm-Palme d'Or ...Is It the Design on the Wrapper? Tessa Sheridan Brittanje
Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Wong Kar-wai Happy Together (Chun gwong cha sit) Hongkong Beste draaiboek James Schamus The Ice Storm VSA Beste akteur Sean Penn She's So Lovely VSA Beste aktrise Kathy Burke Nil by Mouth Brittanje
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees