Die 54ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-25 Mei 2001 gehou. Die Noorweegse aktrise en regisseur Liv Ullmann was die voorsitter van die jurie en die Britse aktrise Charlotte Rampling het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied. Altesaam 59 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.

Die Italiaanse rolprent The Son's Room, met Nanni Moretti as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Baz Luhrmann se Moulin Rouge! en afgesluit met Savage Souls (Les âmes fortes) van Raúl Ruiz.

Belangrikste fliekpryse

Prys Rolprent Regisseur Land Palme d'Or The Son's Room (La stanza del figlio) Nanni Moretti Italië Grand Prix The Piano Teacher (La Pianiste) Michael Haneke Frankryk Un Certain Regard Boyhood Loves (Amour d'enfance) Yves Caumon Frankryk Caméra d'Or Atanarjuat: The Fast Runner Zacharias Kunuk Kanada Cinéfondation Portrait (Portrjet) Sergei Loznitsa Rusland Kortfilm-Palme d'Or Bean Cake David Greenspan VSA

Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur David Lynch Joel Coen Mulholland Drive The Man Who Wasn't There VSA VSA Beste draaiboek Danis Tanović No Man's Land Bosnië en Herzegowina Beste akteur Benoît Magimel The Piano Teacher (La Pianiste) Frankryk Beste aktrise Isabelle Huppert The Piano Teacher (La Pianiste) Frankryk

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Cannes-rolprentfees