duimnael|Die Canon EF 16–35mm f/4L IS USM lens met sy ingeslote EW-82 kap Die EF 16–35mm lens is 'n familie van professionele wyehoeklense deur Canon Inc. vervaardig. Die oorspronklike weergawe, die EF 16–35mm 2.8 L USM, vervang die EF 17–35mm 2.8 L USM lens, wat op sy beurt die EF 20-35 2.8 L lens vervang het.

Die lens het 'n EF-lenspassing om te werk met die EOS lyn van kameras. Behalwe vir die voorste element, is dit verseël teen stof en water, en beskik oor 'n diafragma wat nog steeds byna sirkelvormig is van 2.8 tot 5.6.http://www.canon.com.hk/en/product/catalog/productItemDetails.do?prrfnbr=100036

Die EF 16–35mm 2.8 L USM is vervang deur die EF 16–35mm 2.8 L USM II vroeg in 2007. As die belangrikste verandering het die lens 'n nuwe optiese ontwerp met 16 elemente in 12 groepe.http://www.canon.com.hk/en/product/catalog/productItemDetails.do?prrfnbr=100036 Ander veranderinge sluit in 'n 35 g toename in massa, 'n groter 82mm filterdeursnee en 'n langer lengte.http://www.canon.com.hk/en/product/catalog/productItemDetails.do?prrfnbr=100036

Die model II lens het gunstige tot uitstekende resensies ontvang, en is gebruik in onafhanklike rolprente soos Marianne wat geskiet is met behulp van 'n Canon EOS 7D.http://www.the-digital-picture.com/reviews/canon-ef-16-35mm-f-2.8-l-ii-usm-lens-review.aspxhttp://www.kenrockwell.com/canon/lenses/16-35mm-ii.htmhttp://www.photozone.de/canon_eos_ff/435-canon_1635_28_5d?start=2http://www.photographyreview.com/mfr/canon/35mm-zoom/PRD_404178_3128crx.aspx

Die volgende lid van die familie, die EF 16–35mm 4L IS USM, is aangekondig in Mei 2014. Terwyl dit een stop stadiger is as die ander 16–35mm weergawes, is dit die eerste L-reeks wyehoekzoem wat beeldstabilisering bied.

Onlangs het Canon aangekondig dat 'n opgegradeerde EF 16–35mm 2.8 L III USM in Augustus 2016 sal verskyn. Canon beweer dat die Mk III weergawe meer duursaam as die Mk II weergawe is, en volgens Digital Photography Review, "het die Mark III duidelik verbeter op een van sy voorganger se grootste tekortkominge — swak af-van-die-middel verrigting".

Spesifikasies Eienskap 2.8L USM 2.8L II USM 4L IS USM 2.8L III USM Illustrasie→150x150px230x230px244x244px Sleutelfunksies Volraam versoenbaar 15x15px|Yes Ja Beeldstabiliseerder 17x17px|No Nee 15x15px|Yes Ja 17x17px|No Nee Omgewingsverseëling15x15px|Yes Ja 15x15px|Yes Ja (met 'n inskroeffilter) 15x15px|Yes Ja Ultrasoniese motor15x15px|Yes Ja L-reeks15x15px|Yes Ja Diffraksie Optika17x17px|No Nee Tegniese data Lensopening (maks–min) 2.8–22 4–22 2.8–22 Konstruksie 10 groepe / 14 elemente 12 groepe / 16 elemente 11 groepe / 16 elemente Aantal diafragmalemme 7 9 Kortste fokusafstand 0,28 m Maks. vergroting 0.22x 0.23x 0.25x Horisontale sighoek 98°–54° Diagonale sighoek 108°10'–63° Vertikale sighoek 74°10'–38° Fisiese data Massa 600 g 640 g 615 g 790 g Maksimum diameter 84 mm 89 mm 83 mm 89 mm Lengte 103 mm 112 mm 114 mm 128 mm Filter diameter 77 mm 82 mm 77 mm 82 mm Bybehore Lenskappie EW-83E EW-88 EW-82 EW-88D Kleinhandelinligting Vrygestel in September 2001 April 2007 Mei 2014 Augustus 2016 Tans in produksie?17x17px|No Nee15x15px|Yes Ja15x15px|Yes Ja15x15px|Yes Ja ± Verkoopsprys in VS$$1,939 (230,000 jen)$1,599$1,099$2,199

Verwysings

Kategorie:Canon-lense