Die 53ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-25 Mei 2000 gehou. Die Franse regisseur en vervaardiger Luc Besson was die voorsitter van die jurie en die Franse aktrise Virginie Ledoyen het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied. Altesaam 56 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.

Die Deense rolprent Dancer in the Dark, met Lars von Trier as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Roland Joffé se Vatel en afgesluit met Stardom van Denys Arcand.

Belangrikste fliekpryse

Prys Rolprent Regisseur Land Palme d'Or Dancer in the Dark Lars von Trier Denemarke Grand Prix Devils on the Doorstep (Guizi lai le) Jiang Wen China Un Certain Regard Things You Can Tell Just by Looking at Her Rodrigo García VSA Caméra d'Or Djomeh A Time for Drunken Horses (Zamani barayé masti asbha) Hassan Yektapanah Bahman Ghobadi Iran Iran Cinéfondation Five Feet High and Rising Peter Sollett VSA Jurieprys Songs from the Second Floor (Sånger från andra våningen) Blackboards (Takhté siah) Roy Andersson Samira Makhmalbaf Swede Iran Kortfilm-Palme d'Or Shadows (Anino) Raymond Red Filippyne

Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Edward Yang Yi Yi Taiwan Beste draaiboek James Flamberg, John C. Richards Nurse Betty VSA Beste akteur Tony Leung Chiu Wai In the Mood for Love (Fa yeung nin wa) Hongkong Beste aktrise Björk Dancer in the Dark Denemarke

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Cannes-rolprentfees