Die 56ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-25 Mei 2003 gehou. Die Franse akteur, regisseur en vervaardiger Patrice Chéreau was die voorsitter van die jurie. Die Italiaanse aktrise en model Monica Bellucci het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied. Altesaam 48 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.

Die Amerikaanse rolprent Elephant met Gus van Sant as regisseur, wat op die bloedbad by die Columbine-hoërskool geskoei is, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Gérard Krawczyk se Fanfan la Tulipe en afgesluit met Charlie: The Life and Art of Charles Chaplin van Richard Schickel.

Belangrikste fliekpryse

Rolprent Regisseur Land Prys Elephant Gus van Sant VSA Palme d'Or Distant (Uzak) Nuri Bilge Ceylan Turkye Grand Prix At Five in the Afternoon (Panj é asr) Samira Makhmalbaf Iran Jurieprys The Best of Youth (La meglio gioventù) Marco Tullio Giordana Italië Un Certain Regard Osama Siddiq Barmak Afganistan Caméra d'Or Run Rabbit Run (Beži zeko beži) Pavle Vučković Federale Republiek Joegoslawië Cinéfondation Cracker Bag Glendyn Ivin Australië Kortfilm-Palme d'Or

Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Gus Van Sant Elephant VSA Beste draaiboek Denys Arcand The Barbarian Invasions (Les Invasions barbares) Kanada Beste akteur Muzaffer Özdemir, Mehmet Emin Toprak Distant (Uzak) Turkye Beste aktrise Marie-Josée Croze The Barbarian Invasions (Les Invasions barbares) Kanada

Verwysings

Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia

Kategorie:Cannes-rolprentfees