Die 60ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 16-27 Mei 2007 gehou. Die Britse regisseur Stephen Frears was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie. Die Duitse aktrise en voormalige model Diane Kruger het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied. Altesaam 53 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.
Die Roemeense rolprent 4 Months, 3 Weeks and 2 Days (4 luni, 3 saptamini si 2 zile), met Cristian Mungiu as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Wong Kar-wai se My Blueberry Nights en afgesluit met The Age of Ignorance van Denys Arcand.
Belangrikste fliekpryse
Rolprent Regisseur Land Prys 4 Months, 3 Weeks and 2 Days (4 luni, 3 saptamini si 2 zile) Cristian Mungiu Roemenië Palme d'Or The Mourning Forest (Mogari no Mori) Naomi Kawase Japan Grand Prix Persepolis Marjane Satrapi, Vincent Paronnaud Frankryk Jurieprys California Dreaming (Nesfarsit) Cristian Nemescu Roemenië Un Certain Regard Jellyfish (Meduzot) Etgar Keret, Shira Geffen Israel Caméra d'Or Ver Llover Elisa Miller Mexiko Kortfilm-Palme d'Or
Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Julian Schnabel The Diving Bell and the Butterfly (Le scaphandre et le papillon) Frankryk Beste draaiboek Fatih Akın The Edge of Heaven (Auf der anderen Seite) Duitsland Beste akteur Konstantin Lavronenko The Banishment (Изгнание, Izgnanije) Rusland Beste aktrise Jeon Do-yeon Secret Sunshine (밀양, Milyang) Suid-Korea Prix du 60ème anniversaire Gus van Sant Paranoid Park VSA
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees