Die Kaapse rooibaars of vals jakopewerfishbase.org, besoek op 11 Desember 2016 (Sebastes capensis) is 'n seevis wat deel uitmaak van die familie Sebastidae. Dit word slegs aangetref in die waters van die weskus van Suid-Afrika, Tristan da Cunha en die suide van Suid-Amerika. S. capensis leef op dieptes van 20 tot 275 meter.Barrientos, Gonzalez and Moreno (2006).
Etimologie en taksonomiese geskiedenis Die spesies is oorspronklik beskryf deur Gmelin in 1789 as Scorpaena capensis. Dit is later herklassifiseer as Sebastichthys capensis. In 1917 is dit herbeskryf deur Evermann en Radcliffe as Sebastes chamaco. Die spesie se Engelse naam, Jacopever, is afgelei van die pokgemerkte akneevel van 'n ou kaptein.
Beskrywing Die Kaapse rooibaars is 'n demersale vis wat 'n maksimum lengte van sowat 37 cm bereik, maar 'n meer normale grootte is ongeveer 30 cm. Die dorsale vin het ongeveer dertien stekels en dertien sagte strale en die anale vin het drie stekels en ses sagte strale. Die algemene kleur van hierdie vis is rooi of bruin, en daar is vyf of ses vaal kolle op die boonste deel van die liggaam. Dit het baie prominente oë. Dit voed hoofsaaklik op garnale.
Verspreiding en habitat Die Kaapse rooibaars word in die subtropiese waters in die suidoos-Atlantiese Oseaan aan die kus van Suid-Afrika, Tristan da Cunha en Gougheiland gevind. 'n Ander bevolking is teenwoordig in die suidoostelike Stille Oseaan aan die kus van Chili. Die dieptereeks vir hierdie spesie is 20 tot 275 meter.
Biologie Die Kaapse rooibaars voed op klein bentiese ongewerwelde diere. Dit is 'n vivipare spesies, die eiers word dus intern gehou totdat hulle uitbroei. In die fjords van die suide van Chili, beset die jong larwes die kanale waar copepod eiers volop is, terwyl die groter larwes beweeg na banke waar die soutgehalte hoër is en groter copepod prooi meer volop voorkom.
Sien ook Jakopewer (verwant) Alfabetiese lys van visse Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name Lys van visfamilies Lys van varswater visfamilies
Verwysings
Eksterne skakel Sebastes capensis by Fishbase.
Kategorie:Beenvisse