Die 61ste jaarlikse Cannes-rolprentfees is van 14-25 Mei 2008 gehou. Benewens die flieks wat om pryse meegeding het, het groot Hollywood-produksies soos Indiana Jones and the Kingdom of the Crystal Skull en Kung Fu Panda hul premières hier gehad. Die Amerikaanse akteur en regisseur Sean Penn was die voorsitter van die jurie vir die hoofkompetisie. Die Franse akteur, regisseur en vervaardiger Édouard Baer het die opening- en die afsluitingseremonie aangebied. Altesaam 51 rolprente en kortfilms is vir mededinging gekies.
Die Franse rolprent The Class (Entre les murs), met Laurent Cantet as regisseur, het die Palme d'Or gewen. Die fees is geopen met Fernando Meirelles se BlindnessCannes Film Festival 2008 opener: the end of civilisation. telegraph.co.uk. 10 Desember 2013 en afgesluit met What Just Happened van Barry Levinson.
Belangrikste fliekpryse
Rolprent Regisseur Land Prys The Class (Entre les murs) Laurent Cantet Frankryk Palme d'Or Gomorra (Gomorrah) Matteo Garrone Frankryk Grand Prix Il Divo Paolo Sorrentino Italië Jurieprys Tulpan Sergei Dvortsevoy Kazachstan Un Certain Regard Hunger Steve McQueen VSA Caméra d'Or Megatron Marian Crişan Roemenië Kortfilm-Palme d'Or
Ander pryse Prys Wenner Rolprent Land Beste regisseur Nuri Bilge Ceylan Three Monkeys (Üç Maymun) Turkye Beste draaiboek Luc & Jean-Pierre Dardenne Lorna's Silence (Le Silence de Lorna) België Beste akteur Benicio del Toro Che VSA Beste aktrise Sandra Corveloni Linha de Passe Brasilië Prix du 61ème anniversaire Catherine Deneuve Clint Eastwood Un conte de Noël Changeling Frankryk VSA
Verwysings
Eksterne skakels Fees se amptelike webtuiste
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Cannes-rolprentfees