Die duinevalstaaibos (Allophylus natalensis) is 'n klein boom wat voorkom aan die rand van duinewoud vanaf Oos-Londen tot noord van Maputo. Die opvallende kenmerk van die boom is die oorvloed van klein rooi vruggies wat die takke kan laat buig. Die blaarrande is geskulp eerder as getand.
Galery
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome
Bronnelys Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 REDLIST Sanbi Plants of the World Online
Kategorie:Allophylus Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Suid-Afrika