Die fluweelvrugzanha (Zanha africana) is 'n middelgroot boom wat in die noordelike en sentrale deel van Zimbabwe voorkom. Hier groei die boom op koppies en in oewerbos. Die spesie is ook inheems in Angola, Botswana, Demokratiese Republiek die Kongo, Kenia, Malawi, Mosambiek, Namibië, Tanzanië, Zambië en Zimbabwe. Die blare is tot 150 mm lank en die vruggies is ronderig, helderoranje en fluweelagtig.

Die boom se FSA-nommer is 438.5https://www.treetags.co.za/national-list-of-indigenous-trees/

Die bas duimnael|links|180px|Callosobruchus maculatus-wyfie Hierdie boom se bas word gebruik om opgebergde graan teen boontjiekalanders, kewertjies van die subfamilie Bruchinae, soos Callosobruchus maculatus te beskerm. Navorsing het getoon dat dit nor-hopane bevat wat verhoed dat die insekte hul eiers kan lê en hulle doodmaak.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bome

Verwysings

Bron Watter Boom is dit? Eugene Moll 2013 Plants of the World Online

Kategorie:Bome van Afrika Kategorie:Zanha Kategorie:Flora van Angola Kategorie:Flora van Botswana Kategorie:Flora van die Demokratiese Republiek die Kongo Kategorie:Flora van Kenia Kategorie:Flora van Malawi Kategorie:Flora van Mosambiek Kategorie:Flora van Namibië Kategorie:Flora van Tanzanië Kategorie:Flora van Zambië Kategorie:Flora van Zimbabwe