Die Lebomboberge, is 'n 800 km lang, smal bergreeks in Suider-Afrika. Die berg strek van Hluhluwe in KwaZulu-Natal in die suide tot by Punda Maria in die Limpopo in Suid-Afrika in die noorde. Sommige dele van die berg is ook te vinde in Mosambiek en Eswatini.

Geologie Geologies word die reeks beskou as 'n monokline; deel van 'n vulkaniese rif. Die Lebombo-monokline strek noord-suid en daal neer na die ooste. Dit is saamgestel uit 'n reeks van Jurassiese ouderdom vulkaniese rots, beide basaltiese lawas en riolitiese vloei en uitbarstings. Die samestelling berus hoofsaaklik op horisontale Karoo Supergroep sedimentêre gesteentes van die Kalahari kraton in die weste en word oorlê deur Kryt onlangse sedimente na die ooste. Die wisselende weerstand rioliet en maklik verweerbare basalt produseer 'n reeks van parallelle skerp rante geskei deur grasvlaktes.Manninen, Tuomo, et. al., The Karoo Volcanic Rocks and Related Intrusions in Southern and Central Mozambique, Geologiese Opname van Finland, 2008, Spesiale geskrif 48, p. 211–250

Geografie Die reeks is relatief laag met hoogtes tussen 450 m en minder as 800 m. Die hoogste piek is die 776 m hoë Berg Mananga. Die 480 m hoë Longwe is die hoogste piek in die Lebomboberge noord van die Letabarivier.Sabi Sand Lodges – Echo System. URL besoek op 26 Desember 2013

Die berge oorheers die Lubombo-distrik in Eswatini. Dorpe in die gebied sluit in Siteki sentraal, Lubhuku in die weste en Mayaluka en Big Bend in die suide met die Lusutfurivier wat suid van die bergreeks verbyvloei. Na die noorde lê die dorpe Simunye, Tambankulu en Namaacha, die Mlawula Natuurreservaat asook die Mbuluzirivier.

'n Hele aantal riviere, waaronder die Pongolarivier, Mkuzerivier, Lusutfurivier, Komatirivier, Krokodilrivier (monding) en die Olifantsrivier kruis die berge van wes na oos.

Die naam van die berge is afgelei van die Zoeloewoord Ubombo wat "groot neus" beteken.

Bewaringsgebiede Die Krugerwildtuin en Phongolo Natuurreservaat beskerm sekere gedeeltes van die bergreeks.

Sien ook Lebombo (grenspos) Lys van bergpieke in Suid-Afrika Slag van Spookberg

Verwysings

Kategorie:Bergreekse in Suid-Afrika Kategorie:Berge van Eswatini Kategorie:Landvorme van Mosambiek Kategorie:KwaZulu-Natal Kategorie:Limpopo