Die kleingeelvink (Ploceus intermedius) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël in savanne en boomveld. Hulle broei koloniaal in bome of riete naby water in 'n taamlike slordige nes met 'n kort tot halflang ingangstonnel. Die voël is poliginies en is 13 cm groot en weeg 15 - 32 gram. In Engels staan die voël bekend as die Lesser Masked Weaver.

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Wewervoëls Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin