Die rooikopwewer (Anaplectes melanotis) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël in boomveld, savanne en tuine. Hulle broei in 'n nes met dun wande en 'n baie lang ingangstonnel wat aan takke of drade hang. Die voël is monogaam, word 14 cm groot en weeg 17 - 26 gram. In Engels staan die voël bekend as die Red-headed Weaver.
duimnael|links|Mannetjie A. r. rubriceps van 'n geïsoleerde populasie in Angola, besig om 'n broeigewaad aan te neem.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin Kategorie:Wewervoëls