Die bruinwewer (Ploceus rubiginosus) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël en gedeeltelike trekvoël in dorre savanne en grasagtige boomveld. Hulle broei in groot kolonies in bome in 'n slordige nes met 'n kort ingangstonnel. Die voël is poliginies. Die voël word 15 cm groot en weeg 25 - 37 gram. In Engels staan die voël bekend as die Chestnut weaver.
duimnael|links|'n Mannetjie en 'n wyfie.
Sien ook
Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Wewervoëls