Die brilwewer (Ploceus ocularis) is 'n algemene standvoël van woudrand, vogtige boomveld, ruigtes en tuine. Hulle kom gewoonlik in pare voor en broei alleen in 'n fyngeweefde nes met 'n lang ingangstonnel. Die voël word 15 cm groot, weeg 27 - 32 gram en is monogaam. In Engels staan die voël bekend as die Spectacled weaver.

duimnael|links|'n Brilwewer in Durban, Suid-Afrika.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Wewervoëls Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin