__NOTOC__

Die bontrugwewer (Ploceus cucullatus) is 'n sangvoël in die wewerfamilie wat inheems is aan Afrika suid van die Sahara. Dit is 'n algemene standvoël in landerye, savanne en tuine en kom dikwels in groot swerms voor. Hulle broei koloniaal in bome, palms en plate riete in taamlik slordige neste met 'n kort ingangstonnel. Die voël is poliginies. Die voël word 16 cm groot en weeg 30 tot 46 gram. In Engels staan dit as die village weaver bekend.

Fotogalery

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Voëls van die Krugerwildtuin Kategorie:Wewervoëls