Die olyfkopwewer (Ploceus olivaceiceps) is 'n skaars standvoël in miombo-boomveld met volop epifitiese korsmos. Daar is ongeveer 100 pare om Panda in Suid-Mosambiek. Die voël sluit dikwels by voëlgroepe aan om prooi van takke af te pik. Hulle broei alleen in 'n goed gekamoefleerde nes van korsmos wat 'n langerige ingangstoneel het en onder 'n tak in die blaredak van 'n hoë boom hang. Die voël is 14 cm groot en weeg 18 – 24 gram. In Engels staan die voël bekend as die Olive-headed Weaver.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Wewervoëls