Die Geelwewer (Ploceus subaureus) is 'n gelokaliseerde, algemene standvoël in boomveld, savanne en tuine. Hulle broei koloniaal in rietplate en bome naby water en is poliginies. Die nes is kompak en sonder 'n ingangstonnel. Die voël is 15 cm groot en weeg 22 - 39 gram. In Engels staan die voël bekend as die Yellow Weaver.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Wewervoëls