Die Rooitinktinkie (Cisticola rufilatus) is 'n skaars tot gelokaliseerde algemene standvoël in oop breëblaarboomveld of sekondêre bossieveld en savanne in halfdorre gebiede. Die voël is sku en word maklik misgekyk. Die voël is 14 cm groot en weeg 11 gram. In Engels staan die voël bekend as die tinkling cisticola.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Tinktinkies en verwante spesies