Die Grysrugtinktinkie (Cisticola subruficapilla) is 'n amper-endemiese algemene standvoël in laaglandfynbos, Karoobossieveld en dorre, grasryke heuwelhange en verkies droër habitats as die Huiltinktinkie. Die afgesonderde bevolking in Noordwes-Namibië is minder algemeen en kan moontlik 'n afsonderlike spesie wees. Die voël is 12 cm groot en weeg 10 – 12 gram. In Engels staan die voël bekend as die Grey-backed Cisticola.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Verwysings
Kategorie:Tinktinkies en verwante spesies