Die Namakwalangstertjie (Phragmacia substriata) is 'n endemiese algemene standvoël beperk tot afvoerlope in dorre Karoo, veral plate fluitjiesriet, doringboomveld en struikgewas. Hulle soek kos naby of op die grond. Die pare verdedig hulle area heeljaar lank. Die voël is 14 cm groot en weeg 11 gram. In Engels staan die voël bekend as die Namaqua warbler.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Sangvoëls