Die rooioorlangstertjie (Malcorus pectoralis) is 'n endemiese algemene standvoël en plaaslike nomade in dorre bossieveld. Die voël is rusteloos en hou in lae struike, sit vir 'n kort rukkie op die toppe van bosse voordat dit dan op die grond sit. Hulle kom enkel of in pare voor. Die voël is 15 cm groot en weeg 10 gram. In Engels staan die voël bekend as die Rufous-eared warbler.

Verspreiding en woongebied Die spesie kom wyd verspreid voor in Suider-Afrika.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Kategorie:Sangvoëls