UGC 4881 of Arp 55 is twee interaktiewe sterrestelsels sowat 500 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Rooikat. Die stelsels is waarskynlik halfpad deur hul samesmeltingsproses – hul kerns is steeds geskei, maar hul skywe oorvleuel.
’n Supernova is in 1999 in die stelsel ontdek en sterrekundiges glo ’n groot mate van stervorming het pas begin. Die stelsel het ’n gekrulde stert met talle sterreswerms.
Verwysings
Eksterne skakels
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Noorse Wikipedia
Kategorie:Arp-voorwerpe Kategorie:Interaktiewe sterrestelsels Kategorie:Rooikat (sterrebeeld)