Die Kaneelborssanger (Euryptila subcinnamomea) is 'n endemiese, skaars en gelokaliseerde standvoël wat leef in struik bedekte, klipperige heuwelhange en klowe. Hulle is sku en kruip tussen groot klippe rond en verdwyn dikwels in skeure. Die voël is 12 cm groot en weeg 10 – 13 gram. In Engels staan die voël bekend as die Cinnamon-breasted Warbler.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Sangvoëls