Die Ruddse kleinjantjie (Apalis ruddi) is 'n amper-endemiese, gelokaliseerde algemene standvoël wat leef in laagliggende doringveld en sandwoudruigtes in die kusvlakte van suidelike Mosambiek en noordelike KwaZulu-Natal. Die voël is 13 cm groot en weeg 10 gram. In Engels staan dit as die Rudd's apalis bekend.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Verwysings
Bronnelys Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Kategorie:Sangvoëls