Die Stierlingse sanger (Calamonastes stierlingi) is 'n redelik algemene standvoël in breëblaarboomveld, veral miombo, en kom een-een of in pare voor. Hulle leef in die onderste blaredak en onderbos. Die voël is 14 cm groot en weeg 13 gram. In Engels staan die spesie bekend as Stieling's wren-warbler.
Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.
Eksterne skakels
Kategorie:Sangvoëls