Arp 193, ook bekend as IC 883, is ’n onreëlmatige sterrestelsel sowat 300 miljoen ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Jaghonde. Aangesien die stelsel twee verspreide arms het, word aangeneem dit is die resultaat van twee stelsels wat saamgesmelt het.

Daar is ’n groot mate van stervorming en dit is een van die helderste steruitbarsting-sterrestelsels bekend. Dit is ook baie helder in die infrarooi-golflengte.

Eksterne skakels

15px Hierdie artikel is vertaal uit die Duitse Wikipedia

193 Kategorie:Jaghonde (sterrebeeld)