duimnael|300px|Die Antenne-sterrestelsels (Arp 244). duimnael|300px|Die botsende spiraalstelsels NGC 3808A en NGC 3808B (Arp 87). duimnael|300px|NGC 6621/NGC 6622 (Arp 81), twee spiraalstelsels 100 miljoen jaar ná hul botsing. duimnael|300px|IC 883 (Arp 193), die oorblyfsel van twee stelsels wat saamgesmelt het. duimnael|300px|Arp 147, twee interaktiewe ringstelsels.

Die Atlas of Peculiar Galaxies is ’n sterrekundekatalogus van ongewone sterrestelsels wat deur die Amerikaanse sterrekundige Halton Arp opgestel is. Daar is altesaam 338 stelsels in die katalogus, wat oorspronklik in 1966 deur die Kaliforniese Instituut vir Tegnologie gepubliseer is.

Die hoefdoel daarvan was om foto's van die verskillende soorte nabygeleë, ongewone sterrestelsels te verskaf. Arp het besef die rede hoekom sterrestelsels spiraal- of elliptiese stelsels word, is nie baie duidelik nie. Hy het ongewone stelsels beskou as klein "eksperimente" wat sterrekundiges kon bestudeer om die fisiese prosesse te verstaan wat spiraal- of elliptiese stelsels verwring. Die atlas is nie ’n algehele oorsig oor al die ongewone stelsels in die ruimte nie, maar verskaf eerder voorbeelde van die verskillende verskynsels soos wat hulle in nabygeleë stelsels gesien kan word.

Omdat min destyds bekend was oor die fisiese prosesse wat die verskillende vorms veroorsaak, word die sterrestelsels gerangskik volgens hul voorkoms. Voorwerpe 1-101 is individuele spiraalstelsels wat ongewoon is of oënskynlik klein metgeselle het. Voorwerpe 102-145 is elliptiese en elliptiesagtige stelsels. Individuele of groepe stelsels wat nie spiraal- of elliptiese vorms het nie, is voorwerpe 146-268. Voorwerpe 269-327 is dubbele stelsels. Voorwerpe wat nie in een van bogenoemde kategorieë pas nie, is genommer van 332-338. Die meeste voorwerpe is beter bekend onder ander name, maar vir ’n paar word meestal die Arp-nommer gebruik, soos Arp 220.

Vandag word die fisiese prosesse wat die verskillende vorms in die Arp-atlas veroorsaak goed verstaan. Baie van die stelsels is interaktiewe sterrestelsels, soos M51 (Arp 85), Arp 220 en die Antenne-sterrestelsels (NGC 4038/NGC 4039 of Arp 244). ’n Paar van die stelsels is bloot dwergsterrestelsels met te min massa om die nodige swaartekrag voort te bring om dit in enige samehangende struktuur te verander. NGC 1569 (Arp 210) is so ’n voorbeeld. ’n Paar ander stelsels is radiosterrestelsels. Hulle het aktiewe sterrestelselkerns wat kragtige gasstrome meebring. Voorbeelde hiervan in die atlas is M87 (Arp 152) en Centaurus A (Arp 153).

Noemenswaardige Arp-sterrestelsels 300px|duimnael|Die Muise-sterrestelsels (NGC 4676; Arp 242). Hulle het getysterte vanweë hul swaartekrag-interaksie en word verbind deur ’n getybrug. duimnael|300px|Die samesmeltende stelsels UGC 4881 (Arp 55).

Arp Naam Magnitude Notas26Vuurwiel-sterrestelsel (M101) +7,5Spiraalsterrestelsel37Messier 77 +8,9Radiosterrestelsel41NGC 1232 +9,8Spiraalsterrestelsel76Messier 90 +9,5Spiraalsterrestelsel77NGC 1097 +9,5Interaktiewe sterrestelsels85Draaikolk-sterrestelsel (M51) +8,4Interaktiewe sterrestelsels116Messier 60 +8,8Botsende sterrestelsels152Virgo A (M87) +8,6Elliptiese sterrestelsel153Centaurus A (NGC 5128) +6,6Radiostelsel in ’n botsing?188Paddavis-sterrestelsel +14,4Saamgesmelte sterrestelsel242Muise-sterrestelsels +14,7Botsende sterrestelsels244Antenne-sterrestelsels +10,3Botsende sterrestelsels317Messier 65 +9,2Spiraalsterrestelsel319NGC 7320 +15Stelsel in botsende groep337Sigaar-sterrestelsel (M82) +8,6Steruitbarsting-sterrestelsel

Lys van sterrestelsels in die atlas Spiraalsterrestelsels Stelsels met ’n lae helderheid duimnael|300px|Ultraviolet-foto van NGC 2537 (Arp 6). Dit is hoofsaaklik dwergstelsels of dowwe, swak gedefinieerde spiraalstelsels (Sm). Dowwe stelsels is eintlik heel algemeen. Die uitsondering in die atlas is NGC 2857 (Arp 1), wat ’n Sc-spiraalstelsels is (wat beteken dit het ’n definitiewe struktuur met los spiraalarms en ’n dowwe maar goed gedefinieerde kern).

Arp Naam Notas1NGC 2857Sc-spiraalstelsel2UGC 103103Arp 34Arp 45NGC 36646NGC 2537

Stelsels met gesplete arms Dié kategorie bevat spiraalstelsels met arms wat verdeel is.

Arp Naam Notas7Arp 78NGC 4979NGC 252310UGC 1775Kern nie in die middel11UGC 71712NGC 2608

Stelsels met los segmente duimnael|300px|M66 (Arp 16). Dié kategorie bevat spiraalstelsels met arms wat lyk of hulle gesegmenteerd is. Sommige spiraalarms lyk so omdat stofbane die sterlig in die arms versper, en ander vanweë die teenwoordigheid van helder sterreswerms in die arm.

Arp Naam Notas13NGC 744814NGC 731415NGC 739316M6617UGC 397218NGC 4088

Stelsels met drie arms Die meeste spiraalsterrestelsels het twee duidelik gedefinieerde arms, of die arms is net dynserige filamente. Stelsels met drie goed gedefinieerde arms is skaars.

Arp Naam Notas19NGC 14520UGC 301421Arp 21

Stelsels met een arm duimnael|300px|Ultraviolet-foto van NGC 4618 (Arp 23). Stelsels met net een spiraalarm is ook skaars. In sommige gevalle kan die arm gevorm word vanweë ’n swaartekrag-interaksie met ’n ander stelsel.

Arp Naam Notas22NGC 402723NGC 4618In ’n wisselwerking met NGC 462524NGC 3445

Stelsels met een swaar arm duimnael|300px|NGC 6946 (Arp 29), ’n spiraalsterrestelsel. Die spiraalarms in sulke stelsels is asimmetries. Dit kan lyk of die een arm heelwat helderder is as die ander een. In die fotografiese plate wat Arp gemaak het, lyk die helder arm donker en "swaar". Terwyl die meeste stelsels (soos die Vuurwiel-sterrestelsel (M101) en NGC 6946 bloot asimmetriese spiraalsterrestelsels is, is NGC 6365 twee interaktiewe stelsels met die een stelsel wat van die kant af gesien word en presies lê waar die spiraalarm van die ander stelsel, wat van voor af gesien word, behoort te lê.

Arp Naam Notas25NGC 227626M101Spiraalstelsel met vyf metgeselle27NGC 363128NGC 767829NGC 694630NGC 6365Interaktiewe stelsels, met die een wat van die kant af gesien word

Integraalteken-stelsels Dié stelsels het ’n uitgestrekte S-vorm, of soos die integraalteken in wiskunde ( ∫ ). Sommige voorwerpe, soos IC 167, is bloot gewone spiraalstelsels wat uit ’n ongewone hoek gesien word. Ander voorwerpe, soos UGC 10770, is interaktiewe stelsels met getysterte wat soos spiraalarms lyk.

Arp Naam Notas31IC 16732UGC 1077033UGC 861334NGC 461535UGC 21236UGC 8548

Stelsels met dowwe metgeselle Baie van dié stelsels is waarskynlik spiraalstelsels in ’n wisselwerking met ’n dowwe metgesel wat voor hom lê. Dit is egter soms moeilik om te bepaal of die metgesel fisiek naby die spiraalstelsel is en of die metgesel ’n bron op die voorgrond/agtergrond of ’n bron aan die kant van die spiraalstelsel is.

Arp Naam Notas37M7738NGC 641239NGC 134740IC 427141NGC 123242NGC 582943IC 60744IC 60945Arp 45Driedubbele stelsel46UGC 1266547Arp 4748Arp 48

Spiraalstelsels met klein, helder metgeselle duimnael|300px|NGC 1097 (Arp 77), ’n spiraalstelsel. Weer eens kan die stelsels óf interaktiewe stelsels wees óf die metgesel is ’n voorgrond/agtergrond-bron of selfs helder sterreswerms in die onderskeie stelsels.

Arp Naam Notas49NGC 566550IC 152051Arp 5152Arp 5253NGC 329054Arp 5455UGC 488156UGC 143257Arp 5758UGC 445759NGC 34160Arp 6061UGC 310462UGC 686563NGC 294464UGC 950365NGC 9066UGC 1039667UGC 89268NGC 775769NGC 557970UGC 93471NGC 604572NGC 5994, NGC 599673IC 122274Arp 7475NGC 70276M9077NGC 109778NGC 772

Spiraalstelsels met groot, helder metgeselle 300px|duimnael|regs|Messier 51 (die Draaikolk-sterrestelsel of Arp 85). Dit bestaan uit ’n groot spiraalstelsel in ’n wisselwerking met ’n elliptiese stelsel. Stelsels in dié kategorie is feitlik altyd duidelik interaktiewe stelsels. Die bekendste een is die Draaikolk-sterrestelsel (M51; Arp 85), wat bestaan uit ’n spiraalstelsel NGC 5194 wat in ’n wisselwerking is met ’n kleiner, elliptiese stelsel NGC 5195. Die interaksie het albei stelsels se vorm verwring; die spiraalarm-patroon in die groter spiraalstelsel is versterk en ’n brug van sterre en gas het gevorm tussen die twee stelsels. Baie ander interaktiewe stelsels word deur sulke brûe verbind. Arp Naam Notas79NGC 5490C80NGC 263381NGC 6621, UGC 11175, NGC 662282NGC 2535, NGC 253683NGC 2799, NGC 380084NGC 5394, NGC 539585Die Draaikolk-sterrestelsel (M51)86NGC 7752, NGC 775387NGC 3808A, NGC 3808B88Arp 8889NGC 264890NGC 5929, NGC 593091NGC 5953, NGC 5954

Spiraalstelsels met elliptiese metgeselle Nes in die vorige kategorie, is dié stelsels meestal interaktief. Getysterte en brûe is in baie van hulle te sien.

Arp Naam Notas92NGC 760393NGC 7284, NGC 728594NGC 3226, NGC 322795IC 4461, IC 446296Arp 9697UGC 7085A98Arp 9899NGC 7547, NGC 7549, NGC 7550Driedubbele stelsel100IC 18, IC 19101UGC 10164, UGC 10169

Elliptiese en elliptiesagtige stelsels Elliptiese stelsels verbind met spiraalstelsels duimnael|400px|Foto van verskillende golflengtes van Arp 107 (UGC 5984. Hierdie voorwerpe is soortgelyk aan die spiraalstelsels met elliptiese metgeselle. Al dié stelsels het kenmerke soos getysterte en brûe wat deur ’n swaartekrag-interaksie veroorsaak word.

Arp Naam Notas102Arp 102103UGC 10586Driedubbele stelsel104NGC 5216, NGC 5218105NGC 3561106NGC 4211107UGC 5984108Arp 108

Elliptiese stelsels wat spiraalarms wegstoot Uit die naam lyk dit of Arp oorspronklik gedink het die elliptiese stelsels stoot spiraalarms in metgeselle weg. Die spiraalarms kan egter verwronge lyk vanweë die wisselwerking. Van dié "weggestote" spiraalarms is aan die teenoorgestelde kant van die spiraalstelsel as die elliptiese stelsel. Simulasies het bewys sulke eienskappe word net deur swaartekrag-interaksie veroorsaak; daar is geen wegstotende kragte by betrokke nie.

Arp Naam Notas109UGC 10053110Arp 110111Arp 111Sterrestelselgroep112NGC 7805, NGC 7806

Elliptiese stelsels na aan spiraalstelsels wat hulle versteur duimnael|300px|Stelsels NGC 4435 en NGC 4438 (Arp 120). duimnael|300px|Messier 60 en NGC 4647 (Arp 116). Die meeste stelsels in dié kategorie is weer eens interaktief. Die spiraalstelsels lyk versteur.

Arp Naam Notas113NGC 70Deel van ’n groep stelsels114NGC 2276, NGC 2300115UGC 6678Driedubbele stelsel116Messier 60, NGC 4647117IC 982, IC 983118NGC 1141, NGC 1142119Arp 119120NGC 4435, NGC 4438121Arp 121122NGC 6040123NGC 1888, NGC 1889124NGC 6361125UGC 10491126UGC 1449127NGC 191Interaktiewe S0- en spiraalsterrestelsel128UGC 827129UGC 5146130IC 5378131Arp 131132Arp 132

Stelsels met nabygeleë fragmente duimnael|300px|Messier 49, Arp 134. Arp Naam Notas133NGC541134Messier 49135NGC 1023136NGC 5820

Materiaal wat uit elliptiese stelsels uitvloei Arp het gedink die elliptiese stelsels in dié kategorie stoot materiaal weg vanaf hul kerns. Op baie foto's lyk dit so, maar dit word deur ’n verskeidenheid verskynsels veroorsaak. NGC 2914 (Arp 137) is byvoorbeeld bloot ’n spiraalstelsel met dowwe spiraalarms, en NGC 4015 (Arp 138) is twee interaktiewe stelsels met die een wat van die kant af gesien word. Sommige voorwerpe, soos NGC 2444 en NGC 2445 (Arp 143), is stelsels met "ringsterrestelsels" – dit kom voor wanneer die een stelsel (die elliptiese stelsel in hierdie voorbeelde) deur die skyf van die ander een beweeg. Dit veroorsaak ’n swaartekraggolf waarin gas eers na binne val en dan na buite versprei om die ringstruktuur te vorm.

duimnael|NGC 2936, eens ’n standaard-spiraalstelsel, en NGC 2937, ’n kleiner elliptiese stelsel.

Arp Naam Notas137NGC 2914Spiraalstelsel met dowwe arms138NGC 4015Interaktiewe sterrestelsels139Arp 139Interaktiewe sterrestelsels140NGC 274, NGC 275Interaktiewe sterrestelsels141UGC 3730Ringstelsel142NGC 2936, NGC 2937, UGC 5130Driedubbele stelsel143NGC 2444, NGC 2445Ringstelsel144NGC 7828, NGC 7829Ringstelsel145UGC 1840Ringstelsel

Vormlose stelsels Arp definieer hierdie stelsels as nóg spiraal- nóg elliptiese stelsels. Hoewel hy nie die term "vormloos" gebruik nie, is dit die beste beskrywing daarvoor.