Die Luapulatinktinkie (Cisticola luapula) is 'n gelokaliseerde algemene standvoël wat voorkom in die noorde van Namibië, Caprivistrook en noordweste van Botswana. Hier kom hulle voor in moerasse en vleie en verkies fluitjiesriet bo digte papirus wat die piepende tinktinkie verkies. Die voël is 14 cm groot en weeg 13 gram. In Engels staan die voël bekend as die Luapula cisticola.

Hierdie spesie is eers onlangs van die swartrugtinktinkie onderskei as 'n afsonderlike spesie.

Sien ook Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde uitgawe. 2011. p. 358.

Verwysings

Eksterne skakels

Kategorie:Tinktinkies en verwante spesies