Die Afrikaanse koekoek (Cuculus gularis) is 'n gelokaliseerde, algemene, intra-Afrika broeiende somertrekvoël en leef in savanne en boomveld. Die voël kom voor in Botswana, oos en sentraal Namibië, die noordelike gedeelte van Suid-Afrika, Mosambiek en Zimbabwe. Die voël is 30 – 32 cm lank en 95 - 112 g groot. In Engels staan die voël bekend as die African cuckoo.

Die voël is 'n broeiparasiet en gebruik die mikstertbyvanger as broeigasheer.

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Koekoeke