Die Madagaskarkoekoek (Cuculus rochii) is 'n nie-broeiende voël en swerwer uit Madagaskar na rivierwoud, digte savanne en boomveld. Die trekvoël is 'n winterbesoeker aan Oos-Afrika maar opgeteken in die somer in Suid-Afrika. Die voël is 28 cm lank en 50 - 65 g groot. In Engels staan die voël bekend as die Madagascar cuckoo.

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (gegroepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Verwysings

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Kategorie:Koekoeke