Die Meitjie (Chrysococcyx klaas) is 'n algemene standvoël en intra-Afrika broeiende trekvoël in woud, boomveld, tuine en savanne. Die voël is 16 – 18 cm lank en 24 – 34 g groot. In Engels staan die voël bekend as die Klaas's cuckoo.

Die voël is 'n broeiparasiet en gebruik bosbontrokkies, suikerbekkies, sangers en vlieëvangers as broeigashere.

Sien ook

Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer) Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name

Bron Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011.

Verwysings

Kategorie:Koekoeke