duimnael|200px|Die deur van die Jakobyne-klub.
Die Jakobyne-klub, voorheen bekend as die Vereniging van die Vriende van die Konstitusie, was die bekendste en invloedrykste politieke klub in die ontwikkeling van die Franse Rewolusie. Hulle is so genoem omdat die Dominikaanse Klooster waar hulle byeengekom het, kort tevore geskuif het na Rue St. Jacques (Afrikaans: Jakobus). Hulle is regdeur Frankryk verteenwoordig en hul lidmaatskap was sowat 420 000 .
Die klub het later berug geword weens hul heerskappy gekenmerk deur terreur. Vandag word die term Jakobyn beskou as ’n neerhalende beskrywing van radikalisme en linkse rewolusionêre politiek.
Verwysings
15px Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Kategorie:Franse Rewolusie